Hartbeespoort's First Online Newspaper
Home This Weeks News Editorial Services Contacts
 

Wild deel van groter probleem

R Jansen van Flora Park skryf:

Baie dankie vir 'n kwaliteit koerant wat u uitgee.
Die artikel "Waarskuwingborde oor wild noodsaaklik" verwys.
Ongeveer 2 weke gelede moes ek self gevaarlik uitswaai vir 'n volgroeide koedoebul. Dit was 20h00 op die Pelindaba tolpad by die treinbrug wat PMP bedien, oorkant Atterridgeville.
Volgens twee eienaars van wildsplase op die Daspoortrant/Witwatersbergreeks, word probleme ondervind met wildsheinings wat geknip word deur inwoners van die plakkerskampe in Rietfontein/Xanadu. Die spore en platgetrapte gras wys duidelik dat dit van daardie rigting afkomstig is.
Van die wild word aangekeer met honde en word dan met pangas opgekap. Die wild wat wel wegkom migreer na groener weiveld, veral in die winter met swakker weiding en veldbrande.
By 'n vorige geleentheid het ek ook reeds 'n volgroeide duiker raakgery op dieselfde tolpad by Elandsfontein.

“Ou Wapad...Nuwe snelweg - boom vermoor”

‘n Besorgde Ou Wapad Inwoner van Ifafi skryf:

 Ou Wapad is deesdae soos die Kyalami van Harbeespoort. Sedert Ou Wapad verleng is verby Sediba Plaza na die hoofpad is gejaag in Ou Wapad blykbaar
die norm. Die stoptekens word verontagsaam in alle rigtings en bewaar jou kar se agterent as jy by oprit sou waag indraai. Onderstaande - ook visuele en stille getuienis van net een so gebeurtenis. Hierdie Olienhout boompie word al vir 20 jaar vertroetel. Op die middag van Vrydag 29 Junie 2007 word sy/haar lewe ontneem toe ‘n motor reg bo-oor hom ry. Skaars was die roudiens afgehandel en is die gedenksteen ook summier verwyder - op vollevaart. Aan almal wat Ou Wapad gebruik - groot asseblief ry net stadiger, volgende keer is dit dalk meer as ‘n boom wat in die slag bly.

Back to Top                                                                                 Back to Home

12 July 2007