| |
Dankie
Elsabie Botha, Elzette en Sol
Pretorius en Michelle van Schoemansville skryf:
Ons wil graag net die volgende mense en
instansies bedank wat ons Vrydagnag te hulp gesnel het toe die
grasdak van ons huis in die Panorama-kompleks aan die brand geraak
het.
Die Liewe Vader kon nie vir ons ’n beter reddingspan gestuur het nie.
Aan Henry van der Walt en sy span van die Necsa brandweer vir
vinnige, effektiewe diens en opvolgende ondersteuning. Vir Sol
Pretorius vir al sy hulp, bystand en brawe optrede. Johan, Marinda,
die Panorama brandblusspan naamlik oom Willie, Eugene du Preez,
Reinhard en Gerda, Heine en Franko, Anelle en haar vriende, Jaco en
Elisma Spangenberg en Michelle wat so flink aan ons gedink en gehelp
het.
Dankie ook aan die personeel van Brits Medi-Kliniek sowel as vir die
bystand van die Pretorius-familie, Kairos Eiendomme se personeel vir
al die bystand en almal vir hul gebede.
Ons bedank ook graag vir Chester, die assessor van Outsurance, wat
flink diens gelewer het.
Dit is die eerste grasdak wat gered is en dit is te danke aan julle
en ons Liewe Vader.
Back to
Top
Back to Home |
26 July 2007 |