|
|
As gesonde verstand seëvier
Die oorsigkomitee van die munisipale raad van
Madibeng verdien ‘n pluimpie vir hulle aanbeveling dat bonusse nie
vir die afgelope drie finansiële jare aan die munisipaliteit se
bestuurders betaal word nie. Dit is nie dat ‘n mens die bestuurders
wat dit verdien bonusse misgun nie, maar die wyse waarop dit
toegeken is, het ‘n bespotting van die hele stelsel gemaak.
Dit wil voorkom asof hoe swakker die dienslewering raak, hoe groter
word die bonusse - soos in die geval van Eskom wie se bestuurders
miljoene rande in bonusse kry nadat hulle die land in ‘n kragkrisis
gedompel het. Mag Madibeng die voortou neem om weer gesonde verstand
terug te bring in die toeken van prestasiebonusse.
Dit is ook verblydend dat die komitee die konsultante wat die
belaglike bonusse aanbeveel het, forensies wil laat ondersoek. Dit
is hoog tyd dat die parasitiese praktyke wat geperpetreer word deur
amptenare met bedenklike motiewe en uitgebuit word deur mense wat
paradeer as professionele konsultante, aan die kaak gestel word.
Hierdie mense se doel is dikwels bloot om die amptenare wat hulle
aangestel het gelukkig te hou en nie om werklike produktiwiteit te
meet nie.
En terwyl hulle daarmee besig is, kan hulle gerus ondersoek instel
na die bron van die belaglike aanbeveling aan die
burgemeesterskomitee dat bonusse betaal word, selfs aan bestuurders
wat weg is nadat hulle van wanpraktyke en onbevoegdheid beskuldig is
omdat hulle kwansuis die munisipalitieit sou kon dagvaar as dit nie
gedoen word nie.
Die optrede van die oorsigkomitee gee ‘n mens weer moed vir
munisipale bestuur. As die raad hulle aanbeveling aanvaar, is hulle
op die regte pad. En dan kan hulle begin ondersoek instel na ‘n
behoorlike stelsel om die prestasie van alle amptenare te beloon -
en nie net ‘n paar uitgesoektes toegooi met geld nie.
Meaningful interaction
It is encouraging that the municipal officials
say that most of the billing problems which were experienced in the
past have been resolved. This issue has been a real bone of
contention and a source of frustration to many ratepayers.
The executive mayor’s plea for interaction is a fair one, but the
municipality must realise that interaction means just that. Most
people who have queries about their accounts or services are
frustrated by the sheer effort of communicating their problems to
the municipality and getting feedback.
A professional, efficient system for telephonic enquiries is
essential. This implies a high degree of telephone consciousness by
all personnel who deal with the public and a system which ensures
ready feedback.
Many problems can be averted by simply jacking-up the frontline PR
system. It will enhance the image of the municipality and make
meaningful interaction possible.
Back to Top
Back to Home |
20 March 2008 |