The  First Online Newspaper in Hartbeespoort
Home This Weeks News Letters Contacts
 

Katnes van intrige

Die brief wat oënskynlik deur die minister van korporatiewe samewerking en tradisionele sake aan die premier van Noordwes gerig is, is nogal insiggewend oor die gesondheid van die bestuur van sake in die provinsie. Daar kon nie bevestig word dat die brief outentiek is nie, maar as dit nie is nie is dit ‘n baie professionele vervalsing.
Dit blyk dat omtrent alle regeringsvlakke deesdae so ‘n katnes van faksiebotsings en sameswerings is, dat dit moeilik is om sin te maak uit dit wat amptelik bekend gemaak word. Dit kan wees dat die brief ‘n vervalsing is deur iemand wat sy mes in het vir die premier en die LUR. Vir dieselfde prys kan die brief eg wees en aan die media gelek gewees het deur iemand wat keelvol is vir die situasie waar kleptokrate hulle geledere sluit en mekaar beskerm.
Hoe dit ook al sy, die brief is tekenend van ‘n kultuur waarin burokrate besluit watter instruksies hulle gaan uitvoer en watter nie. Dis ‘n uitvloeisel van ‘n stelsel waarin burokrate toegelaat word om politieke ampte te beklee en van agter die geslote deure van die koukuskamer die land te regeer. Dis die stelsel waarin ‘kaders ontplooi’ word en munisipale bestuurders dikwels die politieke meerderes van hulle burgemeesters is. Dis ‘n siek stelsel wat hom leen tot korrupsie, nepotisme, insubordinasie en al die bestuursiektes wat die ondersoek na munisipaliteite in Noordwes blootgelê het.
Die aankondiging van die premier dat ‘n Artikel 106 ondersoek na die sake van Madibeng ingestel gaan word, is welkom. Maar volgens die brief was daar ‘n spesifieke instruksie dat die munisipale bestuurder geskors moet word. Dit lyk nie of die munisipale raad dit eers oorweeg nie. Miskien is daar te veel raadslede wat bang is dat hulle saam aan die pen sal ry.
Daar was reeds ‘n forensiese ondersoek na die sake van Madibeng en daar is al verslae daaroor geskryf. Maar die dominerende faksie in die regerende party se koukus in die Madibeng raad weier dat daar ‘n geleentheid geskep word dat raadslede vrae daaroor vra. En die ondersoeker, wat die ondersoek in opdrag van die raad uitgevoer het, moet die verslag aan die raad voorlê. Die munisipale bestuurder is egter in die posisie om te bepaal wat dien voor die raad en wat nie.
Terwyl die gevegte aan die gang is, is die munisipaliteit stadig besig om dood te bloei. En die kieser het geen versekering dat wie ook al wen, nie net so korrup soos die verloorder sal wees nie.

Poisoning the world

When DDT was developed and helped man to overcome the scourge of malaria in Africa, the world still believed that pesticides were going to make the world a better place. How wrong we were.
In most cases it was like putting a loaded gun in the hands of a child. Most people who use it, and most are freely available, have no idea of the havoc they wreak on the environment and the chain reaction of poisonings it triggers.
As reported elsewhere in Kormorant, for every target animal poisoned, 100 to 300 non-target animals die. That is a terrifying figure. Just think how many birds are killed by secondary rat-poisoning.
We should all be aware of the impact of our actions on the environment. If it means we have to choose between using poison and perhaps kill more than we aim for, or not, lets rather err on the side of caution.

Back to Top                                                                           Back to Home

9 July 2009