|
|
The letter of the law
Laws and their concomitant regulations are there
to regulate society, reduce friction and see to it that we all live
in harmony. That is supposed to be the spirit. But laws and
regulations are drawn up by people and people, no matter how good
their intentions, are fallible. And sometimes a regulation fails
because a tiny issue has been overlooked.
As a case in point is use of human waste sludge as fertiliser on a
farm at Remhoogte, as reported elsewhere in Kormorant. By all
accounts, the regulations regarding the use of waste in agriculture
have been adhered to by the letter but the stuff stinks to high
heaven and drives the neighbours up the wall.
Surely, somebody in a regulatory position must have realised that
smell can also be offensive. If sound and light can constitute forms
of pollution, a pervasive bad odour can be equally, if not more
intrusive.
Bad smell may escape the letter of the law, but the spirit, if not
common considerateness, should tell us that it is not acceptable.
Bedorwe erflating
Die boodskap wat Hartbeespoort Wateraksiegroep (HWAG)
verlede Saterdag aan die inwoners van Hartbeespoort gebring het, is
een wat ons alle male sonder tal en van verskeie verhoë af gehoor
het: “Ons is besig om die omgewing wat ons geërf het te plunder en
‘n bankrot omgewingsboedel aan die nageslag te laat.”
Vir die inwoners om Hartbeespoortdam is dit van besondere betekenis.
Ons sit met waarskynlik een van die grootste bates wat deur ons
voorgangers aan ons nagelaat is, maar terselfdertyd een van die
kwesbaarste. En ons sit met ‘n plaaslike owerheid wat blykbaar geen
erg daaraan het om hierdie bate te bewaar nie. Daarvan getuig die
voortdurende rioolstortings en die flou verskonings vir die gebrek
aan instandhouding van die rioolstelsel.
Maar die owerhede, hoewel hulle ‘n plig het om die omgewingsbates te
beskerm, is nie die enigste op wie hierdie verpligting rus nie. Ons
as inwoners, en veral dié van ons wat werklik besorg is oor die
omgewing, het ook ‘n plig om die omgewing te beskerm en besoedeling
te bekamp.
Soos al tevore in Kormorant daarop gewys is: elke bietjie help. Ons
moet nie die besoedelingsmonster kos gee nie. Indirek is elke
krieseltjie energie wat ons onnodig verspil, kos vir die monster
want die opwekking van energie op sigself besoedel die omgewing. Dus:
gebruik energiebesparende gloeilampe; skakel toestelle af wat
onnodig energie verbruik; moenie onnodige motorritte maak nie, ens,
ens - die moontlikhede is legio. Maar ons kan ook regstreeks
besoedeling bekamp deur die munisipaliteit van hulle nuwe geliefde
verskoning vir rioolstortings te ontneem - moet niks in die
rioolstelsel laat beland wat nie daar hoort nie. Enigiets wat nie
geredelik in water disintegreer nie, kan teoreties die pompe laat
vasbrand en ‘n storting veroorsaak as die stelsel nie behoorlik in
stand gehou word nie. En ons weet reeds dat die instandhouding van
ons stelsel maar redelik lukraak is.
Ons kan ook besoedeling bekamp deur ons afval te hersikleer. Daar is
reeds verskeie kontrakteurs wat herwinbare afval, dit is nou papier,
glas en plastiek, by inwoners se huise kom afhaal. Die diens is
kosteloos en dit verg slegs geringe moeite om die herwinbare van die
nie-herwinbare afval te skei.
Maar miskien die belangrikste van alles is dat ons omgewingsbewus
moet wees en ons kinders leer om ook omgewingsbewus te wees. Dit
behels dat ons onsself afvra wat die impak op die omgewing is van
alles wat ons doen. En dat ons daarvoor vergoed - soos om bome te
plant om te vergoed vir die grootte van ons koolstofspoor.
Ons kan nie meer bekostig om ongeërg te leef nie. As ons nie in ons
leeftyd die prys van vermorsing betaal nie, sal ons kinders dit moet
doen. En dis gewis nie die erflating wat ons wil hê hulle moet
ontvang nie.
Back to Top
Back to Home |
23 July 2009 |