The  First Online Newspaper in Hartbeespoort
Home This Weeks News Letters Contacts
 

The letter of the law

Laws and their concomitant regulations are there to regulate society, reduce friction and see to it that we all live in harmony. That is supposed to be the spirit. But laws and regulations are drawn up by people and people, no matter how good their intentions, are fallible. And sometimes a regulation fails because a tiny issue has been overlooked.
As a case in point is use of human waste sludge as fertiliser on a farm at Remhoogte, as reported elsewhere in Kormorant. By all accounts, the regulations regarding the use of waste in agriculture have been adhered to by the letter but the stuff stinks to high heaven and drives the neighbours up the wall.
Surely, somebody in a regulatory position must have realised that smell can also be offensive. If sound and light can constitute forms of pollution, a pervasive bad odour can be equally, if not more intrusive.
Bad smell may escape the letter of the law, but the spirit, if not common considerateness, should tell us that it is not acceptable.

Bedorwe erflating

Die boodskap wat Hartbeespoort Wateraksiegroep (HWAG) verlede Saterdag aan die inwoners van Hartbeespoort gebring het, is een wat ons alle male sonder tal en van verskeie verhoë af gehoor het: “Ons is besig om die omgewing wat ons geërf het te plunder en ‘n bankrot omgewingsboedel aan die nageslag te laat.”
Vir die inwoners om Hartbeespoortdam is dit van besondere betekenis. Ons sit met waarskynlik een van die grootste bates wat deur ons voorgangers aan ons nagelaat is, maar terselfdertyd een van die kwesbaarste. En ons sit met ‘n plaaslike owerheid wat blykbaar geen erg daaraan het om hierdie bate te bewaar nie. Daarvan getuig die voortdurende rioolstortings en die flou verskonings vir die gebrek aan instandhouding van die rioolstelsel.
Maar die owerhede, hoewel hulle ‘n plig het om die omgewingsbates te beskerm, is nie die enigste op wie hierdie verpligting rus nie. Ons as inwoners, en veral dié van ons wat werklik besorg is oor die omgewing, het ook ‘n plig om die omgewing te beskerm en besoedeling te bekamp.
Soos al tevore in Kormorant daarop gewys is: elke bietjie help. Ons moet nie die besoedelingsmonster kos gee nie. Indirek is elke krieseltjie energie wat ons onnodig verspil, kos vir die monster want die opwekking van energie op sigself besoedel die omgewing. Dus: gebruik energiebesparende gloeilampe; skakel toestelle af wat onnodig energie verbruik; moenie onnodige motorritte maak nie, ens, ens - die moontlikhede is legio. Maar ons kan ook regstreeks besoedeling bekamp deur die munisipaliteit van hulle nuwe geliefde verskoning vir rioolstortings te ontneem - moet niks in die rioolstelsel laat beland wat nie daar hoort nie. Enigiets wat nie geredelik in water disintegreer nie, kan teoreties die pompe laat vasbrand en ‘n storting veroorsaak as die stelsel nie behoorlik in stand gehou word nie. En ons weet reeds dat die instandhouding van ons stelsel maar redelik lukraak is.
Ons kan ook besoedeling bekamp deur ons afval te hersikleer. Daar is reeds verskeie kontrakteurs wat herwinbare afval, dit is nou papier, glas en plastiek, by inwoners se huise kom afhaal. Die diens is kosteloos en dit verg slegs geringe moeite om die herwinbare van die nie-herwinbare afval te skei.
Maar miskien die belangrikste van alles is dat ons omgewingsbewus moet wees en ons kinders leer om ook omgewingsbewus te wees. Dit behels dat ons onsself afvra wat die impak op die omgewing is van alles wat ons doen. En dat ons daarvoor vergoed - soos om bome te plant om te vergoed vir die grootte van ons koolstofspoor.
Ons kan nie meer bekostig om ongeërg te leef nie. As ons nie in ons leeftyd die prys van vermorsing betaal nie, sal ons kinders dit moet doen. En dis gewis nie die erflating wat ons wil hê hulle moet ontvang nie.

Back to Top                                                                           Back to Home

23 July 2009