|

Ds. Simon van den Heever van die Harties NG
gemeente en Kuierkerk saam met sy vriendin Zonika Jansen. Ds. Van
den Heever begin volgende week met 'n jeugaksie, Tropgeraas, wat
groot byval by ons dorp se jeug sal vind en gaan bestaan uit
fotografie, dans, drama en golf klubs. |
Tropgeraas bereik die jeug met dans,
gholf en drama
Die nuwe jeugleraar wat aangestel is tussen die
Harties NG kerk en sy uitreik, Kuierkerk, ds. Simon van den Heever,
is nie net 'n kranige baldanser nie, maar sy gawes strek tot by
fotografie, golf en drama en juis daarom gaan hy van volgende week
af begin met soortgelyke klubs, by name Tropgeraas, waarby die jeug
van die dorp betrokke kan raak.
Simon, wat 'n mens inspireer met sy lewenslus en energie, lyk sommer
na ’n alledaagse boerseun, maar as hy sy meisie Zonica Jansen
nadersleep en oor die dansbaan begin wals of 'two-step', kan mens
nie anders as om te kyk nie. Hy het juis so 'n dans uitgevoer tydens
die musiekblyspel, Mamma Mia, Here we go again, wat in die Harties
NG kerk opgevoer is ten bate van die Kuierkidz leersentrum in
Meerhof.
Simon was trouens so 'n goeie akteur dat hy sommer twee verskillende
rolle losgeslaan het, dié van Maria se pa en ook dié van Koning
Herodus in dieselfde opvoering. Drama is Simon se passie, hy leef
homself heeltemal in sy karakters in, en hy kan sing ook. In die
Passiespel wat 5, 6 en 7 Mei opgevoer gaan word in Harties NG, speel
hy 'n hoofrol en gaan 'n paar Neil Diamond liedere sing.
Simon het ook 'n passie vir die jeug en wil hulle graag by sy klubs
betrokke kry. Die ou Pastorie van Harties NG kerk gaan gebruik word
vir meeste van sy klubs asook die kerksaal. Dus gaan dit maklik wees
vir hoërskoolkinders om na skool die aksies by te woon.
Die fotografieklub sal op Dinsdae tussen 14:00 en 15:00 bymekaar kom.
Die dramaklasse sal Woensdae tussen 13:00 en 15:00 aangebied word
wanneer daar ook aan ’n opvoering gewerk gaan word. Die
baldans-groepsessie begin Donderdae om 14:00 en Simon sal op Vrydae
tussen 14:00 en 15:00 by die Silkaatsnek dryfbaan wees om jong
gholfspelers met hul afslane en spel te help.
Simon beplan ook om een Saterdag per maand die hele dag vanaf 10:00
by die kerksaal ‘n rekenaarnetwerk te bedryf vir diegene wat die
stamina het om interaktiewe rekenaarspeletjies te speel. 'n Groot
selgroepbymekaarkoms word ook beplan vir Vrydagaande by die kerksaal.
Hy hanteer die Sondagaand jeugdienste by Harties NG en enige
jongmense is welkom om dit by te woon. Die ernstige baldansklasse
gaan Dinsdagaande van 19:00 af in die kerksaal aangebied word.
Kontak Simon by 082 468 3678 om uit te vind oor die verskillende
klubs.
Back to Top
Back to Home |
3 February 2010 |