Editorial Opinion — 01 March 2012
Nugter weet

deur Daleen van Manen

Nugter weet alleen hoekom sommige mense, na hulle te diep in die bottel gekyk het, hulle so wangedra dat die polisie ingeroep moet word. Die span in uniform en hulle ondersteuningsnetwerke is op die oomblik so keelvol vir sulke optredes dat hul nou dreig om dié wat hulle nie kan gedra nie kort te vat en summier agter tralies te laat afkoel.
Op wie se skouers rus die verantwoordelikheid nou eintlik om toe te sien dat mense hulle gedra? Moet iemand altyd polisieman speel? Moet kuierplek-eienaars die heeltyd oor hulle skouers loer en op een of ander manier mooi rekord hou van wie hoeveel drink en of hy/sy dit nou regtig kan bekostig om ‘n loopsopie ook te neem? Is die alkoholvlak nog binne perke? Wie bestuur huistoe?
Nee, moet elkeen nie self verantwoordelikheid neem nie? Ongelukkig is dit makliker gesê as gedaan. “Brandewyn het mos nie brieke nie!” Party ken nie perke nie en dis dan wanneer die ‘ek-weet-alles-wie-is-jy-houdingtjies’ inskop. En as die tafels en stoele of onskuldiges in die kuierplekke nie daaronder lei nie, eindig die petalje in huismoles op en moet die polisie in elk geval aan die deur gaan klop.
Die skuldiges moet weet. Die dae van ‘koppie uithak’ in Hartbeespoort is verby. Daar sal nie geel kaarte wees nie. “Go to jail”, “go directly to jail!”

Small things

There is one thing to be said for living in a small community, people are more inclined to get involved and help in time of need.
Take the hijacking incident yesterday. Not just the police but members of the community risked their lives to chase down and catch the hijacker without thinking twice.
Another area where we see this is our neigbourhood watches. These members offer up sleep to try and keep Hartbeespoort safe. And even if they are not on duty, most of them rush out in times of need.
It also seems as if people living in small communities have bigger hearts. For children, animals, needy people…
If we publish an article on the dire straits at a children’s home or the possible danger of our only animal welfare organisation closing down, the community rallies up as one to relieve the need.
So, to all Hartbeespoort residents, we are lucky to live here among people who care even though not everyone recognises it.

Related Articles

Share

About Author

Kormorant

(0) Readers Comments

Comments are closed.