Community People — 12 April 2012
Ou volla probleem vir kompleks

Links: Charlene Gordon en haar 1962 Beetle wat glo nie by ‘n luukse ontwikkelling welkom is nie.

‘n Jong meisie moes met verstomming dié week hoor dat haar enigste ryding nie aanvaarbaar is vir ‘n luukse sekuriteitskompleks nie.

Die 1962 Volkswagen Beetle, wat deesdae ‘n versamelstuk is, is student Charlene Gordon (24) se enigste vervoer en sy woon tans by familie in Xanadu Eco Estate.
“Ek is dié week ingelig dat my tjor ‘n seer oog vir Xanadu is en dat dit glo die waarde van die eiendom afbring. Daar is glo gevra dat die Volla van die perseel moet af, of die verkeerspolisie sal uitgeroep word,” sê Charlene.

“Ek is ‘n student wat deeltyds werk en ek kan nie ‘n ander motor bekostig nie. Ek het nie geweet net sekere motors word by dié ontwikkellings toegelaat nie.”
By navraag het Jan Muller, Xanadu Eco Estate bestuurder, gesê die blou volla is vir hulle ‘n probleem.

“Ons is bang vir ‘n ongeluk. Die kar start nie altyd nie en dan free sy teen die bult af en ek weet nie of dit padvaardig is nie. Ek wil hê sy moet die kar regmaak dat dit mooi werk,” het hy gesê.

“Ek is nie lus om mnr Januarie by die verkeersdepartement te bel en te sê hier staan ‘n onpadwaardige kar nie…”

Charlene se tjor is wel op die pad, gelisensieerd en als.

Soos ‘n inwoner, wat van die debakel verneem het, aan Kormorant gesê het: Die plek se naam is nie verniet Xanadu “Ego” Park nie.

Related Articles

Share

About Author

Kormorant

(1) Reader Comment

  1. Ek voel eintlik jammer vir haar ek weet soos ek weet ons jong studente het nie geld vir n “grand” kar nie, ons kan bekostig wat ons kan en ons het nie almal ryk ouers wat vir ons bmw’s en sulke karre kan koop nie? Dit is onregverdig dat n mens geoordeel word oor wat jy ry of hoe jy aantrek. Is ons almal dan nie veronderstel om gelyk tewees nie? Lewe ons dan nie in n vrye land nie? Hoekom moet mense ons oordeel oor wie ons is? Leer n mens ken en rerig, soos hulle se “don’t judge a book by it’s cover”. Sterkte en onthou ek is een van baie wat saam met jou sal staan teen die wat oordeel!