Sport — 01 June 2012
Chris swem saam met SA se bestes

Links: Chris Barnard van Tuks Brits Swemklub het vir die tweede agtereenvolgende jaar  NTS provinsiale kleure vir sy deelname aan Telkom SA Youth Kampioenskappe ontvang. 

Chris Barnard, ‘n Hoërskool Brits-leerling wat vir Tuks Brits Swemklub swem, het onlangs aan die Telkom SA Youth Kampioenskappe meege-
ding saam met Telkom SA Senior Ope Nasionale swemmers.
Vier swemmers van Tuks het gekwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Engeland. Hulle is Roland Schoeman, Karin Prinsloo, Suzaan van Biljon en Emily Gray.
Chris het vir die tweede agtereenvolgende jaar NTS provinsiale kleure vir sy deelname aan Telkom SA Youth Kampioenskappe ontvang.
Hy is nou NTS se vinnigste 50 meter borsslagswemmer in die 16-jarige ouderdomsgroep. Hy het ook sy 100 meter borsslag met meer as 5 sekondes verbeter.
Chris het ook aan Telkom SA Vlak 3 Kampioenskapppe deelgeneem en uitgeblink met ‘n verbetering van 21 sekondes met sewe items.
Hy het sesde in Suid Afrika met sy 50 meter borsslag geeïndig, en het daarmee sy kwalifikasie vir SA Senior Nasionale Kampioeskappe met ‘n ses-honderdste van ‘n sekonde gemis.
Hy word die afgelope 13 jaar deur Yvonne Victor afgerig.
Kontak die swemklub by 0839552942.

Related Articles

Share

About Author

Kormorant

(0) Readers Comments

Comments are closed.