Opinions
2 September 2010 Editorial |
Flagship turned nightmare |
|
2 September 2010 Editorial |
‘n Te hoë prys |
In Kormorant is daar vandag twee stories wat diereliefhebbers sal raak - die een oor ‘n apie wat in Scottstraat deur ‘n motor raakgery is en die ander oor ‘n aasvoëlbewustheidsdag wat by die De Wildt-jagluipersentrum gehou word.
Albei gaan oor diere (ja, voëls is wel diere, hoewel nie soogdiere nie) wat weens hulle kontak met mense in nood verkeer - die apie omdat hy deur ‘n motor raakgery is; die aasvoëls omdat hulle in kragdrade vasvlieg, vergiftig word en onderwerp word aan moetie-stropery. Volgens die webblad http://wild-birds.suite101.com, is daar elf aasvoëlspesies in Suid-Afrika waarvan nege met uitwissing bedreig word - binne tot so min as tien tot elf jaar. Een spesie, die Egiptiese aasvoël, word reeds nie meer in Suid-Afrika aangetref nie en die baardaasvoël word nog slegs in die Drakensberge en Lesotho aangetref. Dit is ‘n erkende praktyk om aasvoëlrestaurante te skep om hulle bewaring aan te help.
Daar is enkele nadele aan verbonde, soos dat dit ander roofvoëls kan lok wat dan weer die neste van ander grondlewende voëls in die omgewing kan plunder, maar oor die algemeen is dit voordelig vir die aasvoëls al kan dit hulle afhanklik van die voerplek maak. Dieselfde kan egter nie gesê word van die praktyk om ape te voer nie. Noordwes-provinsie is die enigste provinsie waar die blouaap nog as ‘n probleemdier geklassifiseer word. In die res van die land word hy beskerm. Maar om hom te beskerm beteken nie dat hy gevoer moet of mag word nie. Om die waarheid te sê, daar is baie geldige redes waarom primate, dis nou ape en bobbejane, nie gevoer behoort te word nie. Ape het die klassifikasie as probleemdiere verwerf omdat hulle baie intelligent is en maklik hulle vrees vir mense verloor.
Daar is talle gevalle in veral Kosmos en Schoemansville bekend waar ape huise binnegaan en hulleself help aan kos en lekkernye. In die Kaap is bobbejane al so vermetel dat hulle op die geluid van motordeure wat oopgesluit word reageer en hulle strooptogte daarvolgens beplan. Ape is nie lieftallige diere nie en gladnie skugter nie - trouens, hulle kan baie aggressief optree as hulle gefrustreerd raak, soos wanneer hulle kos geweier word.
As hulle in ‘n mens-omgewing kos kry, verloor hulle in die eerste plek hulle vrees vir mense; hulle word onder die indruk gebring dat hulle geregtig is op die kos wat hulle daar kry en hulle word aangemoedig om die menslike habitat binne te dring. In hierdie situasie is die ape die enigste verloorders, want hulle staan nie ‘n kans teen die mees uitgeslape primaat van almal - die mens - nie. Kundiges is dit eens dat dit ongewens is om voerplekke vir ape te maak. Vir voëls kan dit nog werk, maar vir die ape is die prys wat hulle moet betaal vir hierdie voorreg, net te hoog. |
2 September 2010 Letters |
Iets anders as die Dam wat stink |
Verbruikerskruisvaarder (moeder) van Hartbeespoort skryf:
|

